Japie Truter (65) is Maandagmiddag in sy huis op Allanridge in die Vrystaat aangeval en minstens drie keer met ‘n mes gesteek.
“Truter is deur ‘n man in sy huis oorval en met ‘n mes in sy rug gesteek,” het Puleng Motsoaneng, woordvoerder van die polisie, gesê. OFM berig Truter is tans in ‘n kritieke toestand in die Thusanong-hospitaal, maar sal glo binnekort na ‘n hospitaal in Welkom of Bloemfontein oorgeplaas word. Niks is glo uit die huis gesteel nie en die motief vir die aanval is onbekend, het OFM verder berig.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.