Vrystaat-pa het glo sy dogters verkrag

verkragʼn Man van Boshoff in die Vrystaat wat daarvan beskuldig word dat hy sy twee dogters verkrag het, het Woensdag in die Bloemfonteinse seksuelemisdrywe-hof verskyn.

“Die saak is tot Dinsdag uitgestel,” het Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Vrystaat, gesê. “Die saak is uitgestel omdat ʼn sertifikaat van die direkteur van openbare vervolging versoek is om die saak te sentraliseer.”

Die saak val onder die jurisdiksie van die Vrystaat en die Noord-Kaap.

Die 55-jarige man staar twee aanklagte van verkragting in die gesig. Sy dogters is nou onderskeidelik 21 en 26 jaar oud. Hy het die oudste dogter glo in 2002 begin verkrag en die jongste in 2007. Dit het glo tot sy inhegtenisneming in September voortgeduur.

Die saak is onder die polisie se aandag gebring nadat die ouer dogter dit by ʼn leier van die gemeenskap aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Sies die lae gemene gemors! Hoop hulle sluit hom vir baie jare toe. Hy noem homself n Pa?

AmY ·

Sluit die gemors toe in ‘n tronk vol mans wat verhoorafwagtend is vir verkragting. Laat hulle met sy gal werk!!

Louise ·

So ‘n mens is nie siek nie, hy is heeltemal siek van sy verstand beroof en net sy vuil gedagtes en handelinge het oorgebly! Maar wat my kop plat en nog platter maak is hoekom het dit die dogters so lank gevat voor hulle gepraat het???
‘n Mens van 26 weet mos dat dit nie reg is nie en tree op!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.