‘n Verkeersbeampte van die Vrystaat is tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy aan korrupsie skuldig bevind is.
Macdough Mochoari (41) is Maandag in die landdroshof in Bloemfontein gevonnis, het sersant Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy wou hê ‘n vragmotorbestuurder moet hom met kontant en kos omkoop. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Matoti sê die misdaad het in Maartmaand naby Glen, noord van Bloemfontein, plaasgevind. Die polisie doen ‘n beroep op motoriste om korrupsie aan te meld.