Vrystaat-vrou keelaf gesny, moontlik verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huishulp het Dinsdagoggend op die liggaam van haar 57-jarige werkgewer in dié se woonstel in Virginia in die Vrystaat afgekom.

“Die huishulp het omstreeks 07:45 vir werk aangemeld en onraad vermoed toe die slagoffer nie die deur oopgemaak het nie,” het sers. Mamello Mokhuoane, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, Woensdag gesê. Die vrou het in ʼn woonstel in Highland Court in Virginia gebly. “Die huishulp het die eienaar van die woonstelblok ontbied om toegang tot die eenheid te bekom.”

Die slagoffer se liggaam is kaal op die grond in ʼn plas bloed aangetref met ʼn steekwond aan haar linkerhand. Haar keel is ook gesny. Die vrou is op die toneel dood verklaar. “Die polisie vermoed dat die vrou seksueel aangerand is, en haar naam mag gevolglik nie bekend gemaak word nie. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die vermoede te bevestig.” Die vrou se naasbestaandes is reeds van haar dood ingelig.

Die polisie ondersoek ʼn saak moord en moontlike verkragting. Die Virginia-polisiestasie versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om kapt. Ben Strydom by 082 461 1447 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jjels ·

Kan iemand dalk vir my se of Adriaan Basson hierdie berig op Beeld se voorblad dra. Of is dit nie nuuswaardig genoeg nie, want ek lei af die slagoffer is blank! Ek koop jare nie meer Beeld nie, lees dit ook nie aanlyn nie.

Eugenie ·

NEE, jy sal dit verseker nie in Beeld sien nie, allermins op die voorblad. Ek het so baie op my hart, maar nou-ja. Soms is dit beter om jou gedagtes en gevoelens vir jouself te hou. Die hel waardeur hierdie vrou moes gaan kan ek nie eers naastenby aan dink nie.

AmY ·

Ook nie eens meer veilig in ‘n woonstel nie? Wat gaan aan met die mense van die wêreld? Of dalk het sy haar moordenaar geken…???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.