Vrystaatse departemente wanbestee byna R2 miljard

Seiso Mohai, LUR vir finansies. Foto: GCIS

Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het in die eerste ses maande van die finansiële jaar R816,6 miljoen ongemagtig spandeer, al is die departement vroeër onder nasionale administrasie geplaas.

Dié departement was egter nie die groot sondaar nie. Die departement van nedersettings (huisvesting) het teen die helfte van die boekjaar nog net 28 persent van sy begroting spandeer, maar reeds byna ‘n R1 miljard wanbestee, aldus die LUR vir finansies, Seiso Mohai.

Vroeër het minister Tokyo Sexwale gedreig om die departement onder administrasie te plaas weens R500 miljoen wat soek geraak het. Volgens Mohai het ongemagtigde uitgawes in totaal R2 miljard oor die tydperk beloop, ‘n toename van meer as 7 persent teenoor die vorige jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

appietrader ·

Wan bestee ‘n mooi woord vir geld gesteel? Hiedie ouens die beste diewe in die heelal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.