Vrystaatse man beroof, ontvoer

Die polisie het ʼn reuse soektog van stapel gestuur nadat vier mans ʼn inwoner van Welkom in die Vrystaat beroof en toe ontvoer het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die vier mans het Donderdagoggend by die man en sy vrou se huis ingebreek. “Die mans het elektriese goedere, juwele, drie selfone en kontant gevat waarna hulle die man met ʼn vuurwapen in ʼn motor gedwing en weggejaag het.” Thakeng sê die man se Soyat bakkie is ook gesteel. Die man se vrou is ongedeerd. Die polisie se soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.