Vrywilligers aangestel om die Wes-Kaap “terug te wen”

Marius Fransman

Die ANC in die Wes-Kaap wil glo 5 000 vrywilligers aanstel met die uitsluitlike doel om die Demokratiese Alliansie (DA) in dié provinsie te onttroon.

Die party wil glo aktiviste, pensioenarisse, werklose gradueerdes en ander aanstel om vir ʼn jaar lank voltyds te werk om ʼn verkiesingsoorwinning in 2014 te behaal, berig IOL News. Die personeel sal glo nie enige betaling ontvang nie.

Marius Fransman, provinsiale leier van die ANC, het gesê vrywilligers sal teen April aangestel word. “Ons wil hê die vrywilligers moet ʼn sabbatsjaar neem en hulself vir ʼn jaar lank voltyds toewy aan die ANC,” het Fransman Sondag in Philippi gesê. “Ons sal straat vir straat, gemeenskap vir gemeenskap, gebied vir gebied baklei om die Wes-Kaap terug te wen.”

Fransman het erken dat dit ʼn opdraende stryd vir die ANC gaan wees teen die goed georganiseerde DA.

Theuns Botha, adjunk provinsiale leier van die DA, het die ANC se planne as “wensdenkery” afgemaak. “Dit is goed as die ANC 5 000 vrywilligers in diens wil stel. Ons sal voortgaan met ons 25 000 vrywilligers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leslie ·

Ja! nee swaer, die ouens gaan julle geld vat, as jy dom is moet jy maar sukkel
die DA hoef darm nie stemme te koop nie of mense betaal om stemme te werf nie
julle gaan dan sê julle het die verkiesing “fair and square” gewen
Ek sal nooit so laag daal nie, en daar word verwag dat ek die pary en sy lede moet respekteer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.