VSA keur middel vir voorkoming van Vigs goed

Die Amerikaanse Food and Drug Administration het die middel Truvada goedgekeur as middel om te help keer dat vigs versprei.

Die middel is al tevore goedgekeur om deur MIV-positiewe persone gebruik te word, maar toetse het nou aan die lig gebring dat dit ook gesonde persone wat ‘n hoë risiko loop om MIV-postief te word, kan help voorkom om die virus op te doen.

Die toetse het aan die lig gebring dat besmetting tussen heteroseksuele paartjies waarvan een MIV-positief is met 75 % afneem. By homoseksuele en biseksuele verhoudings, waar ook van kondome en ander voorligting gebruik gemaak word, is die afname sowat 40%.

Kritici van die middel meen dat die gebruik van die middel ‘n valse gerustheid kan skep. Teen sowat $14 000 per jaar is die middel baie duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.