VSA sal ZIM-sanksies voorwaardelik ophef

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Die VSA sal slegs sanksies teen Zimbabwe ophef indien die herverkose president, Robert Mugabe, politieke hervorming implementeer.

Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het Sondag ʼn beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om sanksies teen Zimbabwe op te hef, en voer aan hulle is tevrede dat die afgelope verkiesing, wat president Robert Mugabe in beheer van die land gehou het, “vry en vreedsaam” was. Lees meer hier.

Maar Washington in Amerika was nie daarmee beïndruk nie, berig SAPA.

“Ons het dit duidelik aan die regering van Zimbabwe gestel dat ʼn verandering van die Amerikaanse sanksiebeleid slegs sal plaasvind in ‘n konteks van geloofwaardige, deursigtige en vreedsame hervormings wat die wil van die mense van Zimbabwe weerspieël,” het Jen Psaki, woordvoerder van die staatsdepartement, gesê.

“Ons sanksies sal in plek bly solank die huidige toestande in Zimbabwe voortduur,” het sy bygevoeg.

Amerika het in 2003 sanksies teen Mugabe en ʼn lys van sy familielede gehef.

Mugabe (89) is die oudste leier in Afrika en het in 1980 as eerste minister beheer oor die nuwe onafhanklike Zimbabwe geneem. Hy is in 1987 tot president verkies.

Mugabe word Donderdag vir sy sewende termyn, wat vyf jaar lank duur, as president ingesweer.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Vonk ·

Politieke Hervorming ??? Die sot bob,weet nie wat dit is of beteken nie.

Andrea ·

Ja oom Bob, ons plakkaat kind vir demokrasie, die Afrika manier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.