VSA-skiettragedie eis 27

Minstens 27 mense, waaronder 20 kinders is dood, nadat ʼn jong man by ʼn laerskool in Newtown, Connecticut in die VSA ingestap en op hulle losgebrand het.

Die Amerikaanse media berig dat die voorval by die Sandy Hook Elementary School plaasgevind het. Die vermeende skieter is oorspronklik geïdentifiseer as Ryan Lanza (24). Lanza se ma, Nancy, was glo ʼn onderwyser by die skool en sy, die skoolhoof en ʼn sielkundige is onder die oorledenes. Daar is egter later berig dat Lanza se 20-jarige broer Adam die skieter was en dat hy Ryan se identiteitsdokument by hom gehad het. Die skieter het na bewering selfmoord gepleeg na sy moordtog. Die ander Lanza-broer is glo in ʼn woud naby die skool in hegtenis geneem en word deur die polisie ondervra. Die broers se pa se lyk is glo by hulle huis in New Jersey gevind. Hy is glo doodgeskiet voor die moordtog by die skool.

President Barack Obama het gister die trane weggevee toe hy oor die tragedie gepraat het. “Die meerderheid van die mense wat vandag dood is was kinders, pragtige klein kinders tussen die ouderdomme van vyf en 10 jaar oud. Hulle het hulle hele lewens voor hulle gehad, verjaarsdae, gradeplegtighede, troues en kinders van hulle eie.” Obama sê daar het te al te veel van die tragedies in Amerika plaasgevind en dat daar betekenisvolle aksie geneem moet word teen die verskynsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.