VSA wil Noordpool-verteenwoordiger aanstel

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, John Kerry, het aangekondig dat die VSA ‘n verteenwoordiger vir die Noordpool gaan aanstel.

Dié verteenwoordiger sal na Amerikaanse belange, soos ekonomiese, geopolitieke, omgewings- en klimaatsbelange omsien. Kerry het daarop gewys dat die ekonomiese belang van die Noordpoolgebied vir die wêreld belangriker word, omdat stygende temperature dit moontlik maak om enorme gas- en olieserwes te ontgin.

Verskeie lande wat lid is van die Arktiese Raad het reeds Arktiese verteenwoordigers aangestel, terwyl Japan wat nie lid is nie, ook reeds so gemaak het. Die VSA se verteenwoordiger sal vanjaar reeds aangewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.