Vuishou vir oud-bokser oor valstande

Gerrie Coetzee, ʼn voormalige bokskampioen, verskyn Donderdag in die Kaapstadse landdroshof omdat hy glo ‘n ongeregistreerde kunsgebit-onderneming bedryf het.

Die 57-jarige Coetzee, wat in Table View woon, word daarvan beskuldig dat hy in Oktober 2010 valstande vervaardig het sonder dat hy by die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Raad geregistreer is, berig RSG. Indien hy skuldig bevind word, kan hy met tot R10 000 beboet word. Die boks-legende het die wêreld-boksvereniging se titel in 1983 gewen. Hy het ‘n dekade later uit boks getree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.