Vukela kry trekpas oor omstrede polisie-huurkontrak

Sam Vukela

Sam Vukela, die waarnemende direkteur-generaal van die departement van openbare werke, het Woensdag die trekpas gekry omdat hy “geen berou” getoon het vir sy rol in die omstrede R500 miljoen polisie-huurkontrak nie, het The Star Donderdag berig.

Vukela het glo die huurkontrak aan Roux Shabangu toegestaan ná ʼn vergadering met lt.genl. Hamilton Hlela waartydens sake soos behuising en parkering vir polisiebeamptes bespreek is.

Vukela is in Mei skuldig bevind dat hy junior personeel gedwing het om te onderhandel om die Sanlam-gebou in die middestad van Pretoria in 2010 vir die polisie te bekom.

Adv. Lesego Montsho, die voorsitter van die kommissie wat die huurkontrak ondersoek het, het bevind Vukela is onbevoeg om met sy werk voort te gaan. Montsho het Vukela gekritiseer omdat hy nie tenderregulasies gevolg het nie.

“Vukela het tydens die kommissie geen berou getoon vir sy misdrywe nie. Sy optrede wys duidelik dat hy geen berou toon nie en ook ‘n onbetroubare persoon is,” het Montsho gesê.

Volgens die koerant het Vukela Woensdag die regverdiging van sy afdanking by die bedingingsraad teengestaan.

Montsho het geen versagtende omstandighede vir ‘n ligter vonnis gevind nie en het beslis dat sy ontslag die enigste gepaste straf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

HOEKOM SAL HY JAMMER WEES OF VOEL, HY HET REEDS N VET MEEVALLER GEKRY. HOEKOM SAL HY HOM NOU VEKNIES AS HY N PAAR MIL HET.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.