Vulkaan bars uit met luide knal – duisende op vlug

Drie internasionale lughawens is gesluit. ‘n Dik laag vulkaniese as het op dié vliegtuig beland. Foto: Epa

Drie internasionale lughawens is gesluit. ‘n Dik laag vulkaniese as het op dié vliegtuig beland. Foto: Epa

‘n Indonesiese vulkaan op die eiland Java het Donderdag met ‘n luide knal uitgebars en as en rotse tot drie kilometer die lug ingeskiet.

Duisende mense is op vlug, en die owerhede het gevra dat almal in ‘n tien kilometer radius om die vulkaan Kelud die gebied moet verlaat. Kelud was laas in 2007 aktief.

Die grond in die twee nabygeleë stede, Yogyakarta en Surabaya is onder ‘n dik laag as bedek, en lugverkeer na beide stede is opgeskort.

Nog geen ongevalle is aangemeld nie.

Indonesië het sowat 130 aktiewe vulkane.

Bronne: AP en AFP via Trouw, BBC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.