Vullisdromme nie meer verniet nie

Argieffoto

Inwoners van Johannesburg sal voortaan vir vullisdromme moet betaal indien hul ‘n beskadigde of gesteelde drom wil vervang.

Inwoners sal R385 vir ‘n nuwe drom moet betaal. “Die nuwe prys- en tariefstruktur sal van 1 Februarie in werking tree,” het Pansy Oyedele, woordvoerder van Pikitup, gesê. In die verlede het Johannesburg-inwoners ‘n 240 liter-drom ontvang en kon hulle dit gratis vervang.

Tydens die 2011/12 finansiële jaar, het Pikitup sowat 8 500 vullisdromme teen ‘n koste van sowat R3 miljoen vervang. “Dit is nie volhoubaar nie, en die geld kan eerder op dienslewering spandeer word,” het Oyedele gesê. Sy sê die dromme word soms vir iets anders as net vullis gebruik, soos stoorplek of die vervoer van goedere, wat teenstrydig is met die stad se vullisverordeninge. Die nuwe koste sal jaarliks hersien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.