Brande eis verskeie in JHB

Verskeie brande het die naweek in die Johannesburg-omgewing uitgebreek. Foto: iol.co.za

Nooddiensbeamptes het hulle hande vol gehad met verskeie brande wat die naweek in die Johannesburg-omgewing ontstaan het.

TimesLive het berig dat ʼn 22-jarige ma Sondagoggend in hegtenis geneem is nadat haar 5-jarige dogtertjie doodgebrand het. Die brand het drie sinkhuise in Soul City in Kagiso op die Wes-Rand verwoes. Die vrou sal in die hof op ʼn aanklag van nalatigheid verskyn.

In nog ʼn voorval het agt sinkhuise in Diepsloot vlamgevat. Twintig mense is dakloos gelaat. Die oorsaak van die brande is nog nie bekend nie.

ʼn Man is Saterdag dood nadat sy kragopwekker in sy huis in Vlakfontein, suid van Johannesburg, ontplof het. Volgens die Johannesburgse nooddienste het die man sy been in die ontploffing verloor. Hy het op pad na die hospitaal gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.