Vuurwapen opgespoor wat 10 jaar gelede gesteel is

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem wat met ‘n gesteelde vuurwapen betrap is.

“Die polisie het die 58-jarige man in ‘n kerk in Mdantsane aangekeer,” het lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het sy motor deursoek en op die vuurwapen afgekom. Die man het nie ‘n geldige vuurwapenlisensie gehad nie.”

Daar is later bevind die vuurwapen is meer as ‘n dekade gelede in Jansenville gesteel.

Die man sal binnekort in die hof verskyn.

Daar is nie op die oomblik  meer inligting oor die vuurwapen beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.