Die polisie in die Oos-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem wat met ‘n gesteelde vuurwapen betrap is.
“Die polisie het die 58-jarige man in ‘n kerk in Mdantsane aangekeer,” het lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het sy motor deursoek en op die vuurwapen afgekom. Die man het nie ‘n geldige vuurwapenlisensie gehad nie.”
Daar is later bevind die vuurwapen is meer as ‘n dekade gelede in Jansenville gesteel.
Die man sal binnekort in die hof verskyn.
Daar is nie op die oomblik meer inligting oor die vuurwapen beskikbaar nie.