Vuurwerk-ontploffing eis 6

Argieffoto

Argieffoto

Ten minste ses mense is dood en 10 beseer ná ‘n ontploffing by ‘n vuurwerkfabriek wat aan die weermag in Viëtnam behoort.

“Die liggame van ses werkers is uit die puin gehaal ná die ontploffing Saterdagoggend,” het gen.maj. Le Quang Dai, militêre hoof in Phu Tho-provinsie, aan die VnExpress-koerant gesê. Hy sê die ontploffing is onder beheer.

‘n Beampte van die plaaslike polisie het aan die Associated Press gesê dat die ontploffing sowat 10km ver gehoor kon word en dat ‘n paar huise beskadig en glasruite gebreek is. Hy het anoniem met die pers gepraat, aangesien hy nie magtiging het om met die media te praat nie.

Dié fabriek is die enigste fasiliteit in Viëtnam wat vuurwerke vervaardig wat vir Lunar Nuwejaarsfeeste en ander groot openbare geleenthede gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.