Vuurwerke veroorsaak ongeluk in Vrystaat

Drie mense is beseer nadat ʼn bakkie teen ʼn lamppaal gebots het toe een van die passasiers deur vuurwerke getref is in Bloemfontein in die Vrystaat.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die bakkie het Saterdagaand verby ʼn groep mense, wat Nuwejaar gevier het, gery toe een van die passasiers agter op die bakkie deur vuurwerke getref is. Die bestuurder van die bakkie het glo beheer verloor en die bakkie het teen ʼn lamppaal gebots. Die bestuurder en een van die insittendes is ernstig beseer. Die persoon wat deur die vuurwerke getref is, is vir ligte brandwonde behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.