Vuyo Mbuli glo dood aan bloedklont

Vuyo Mbuli. Foto: Twitter

Vuyo Mbuli, voormalige radio- en TV-aanbieder by die SABC, is glo dood weens ’n bloedklont wat deur sy long is.

Die SABC het Dinsdag die bevindings van die nadoodse ondersoek bekendgemaak. Rowena Baird, die Mbuli-gesin se woordvoerder, het gesê gerugte dat hy weens ʼn hartaanval gesterf het, is onwaar. “Hy het twee groot bloedklonte gehad, een is deur sy linkerlong,” het sy gesê.

Hy het Saterdag tydens die wedstryd tussen die Cheetahs en die Reds in Bloemfontein ineengestort. Hy is op die toneel gestabiliseer en is later in die Mediclinic dood.

Lees ook:
Uitsaaier hou gedenkdiens vir Vuyo Mbuli
Medelye stroom in vir Mbuli
SABC se Vuyo Mbuli sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petro Claassen ·

So hartseer dieselfde het met my man n jaar en half terug gebeur geen waarskuwing nie een deur long en een deur hart…en hy is dadelik oorlede …sterkte vir Vuyo se familie en veral Leanne…p

conja ·

Aan Vuyo se familie. Mag die Heer met julle wees deur die moelike tyd en julle troos. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.