VVV-besigtigings in Johannesburg verklaar

Die beweerde VVV-besigtigings in Johannesburg die afgelope week was glo net ‘n foefie.

Die Cartoon Network (CN)-televisiekanaal het aan die City Press gesê dat die vreemde vlieënde voorwerpe (VVVs) deel was van ‘n foefie om ‘n nuwe televisiereeks te bemark. Die VVVs sal glo bo die stad sweef en tot 15 September sigbaar wees. Volgens die dagblad het Christo Louw, VVV-deskundige, gesê VVVs word gereeld regoor Suid-Afrika gesien. “In dorpe, stede, in die middel van nêrens, oor die see… het vlieëniers al besigtigings berig,” het Louw gesê.

Louw sê sy werk is om te bepaal wat dié VVVs kan wees, byvoorbeeld vliegtuie, helikopters, Sjinese lanterns of ‘n weerfenomeen. Hy analiseer glo die voorwerp se bewegings en verskaf dan terugvoer aan mense wat die besigtiging aangemeld het. Louw sê sy doel is nie om mense in ander wêrelde te laat glo nie. “Ek probeer mense nie van enigiets oortuig nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jonathan Pompies ·

OK, so nou wat nou? Waarvan is die foefies gebou? Hoe bly hulle in die lug? Smaak my julle almal in die media voer ons ‘n poep om ons voor te berei vir die “real thing”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.