VVV ontwrig lugverkeer in Duitsland

radar‘n VVV wat Dinsdag voor sonsopkoms op die radar van die lughawe van die Duitse stad Bremen verskyn, en eers drie uur later die wyk geneem het, het lugverkeer ontwrig. Der Spiegel berig dat die voorwerp ook deur ‘n verkyker gesien kon word.

‘n Helikopter wat opgestuur is om na die VVV ondersoek in te stel, het sonder beduidende nuus teruggekeer. Die voorwerp het kort-kort op die radar verskyn voor dit drie ure later finaal die wyk geneem het.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder weet hulle nie wat die VVV was nie, maar dit was bepaald iets.

‘n Vliegtuig wat van München af gekom het, moes na Hanover uitwyk, terwyl ‘n vliegtuig van Parys af ‘n ruk lank moes sirkel voor dit kon neerstryk. ‘n Vlug uit Frankfort is gekanselleer.

In Augustus 2011 het iemand ook ‘n “VVV” bo Bremen op film vasgelê en op YouTube geplaas (die video volg onderaan die berig).

Die afgelope Sondag het ‘n “VVV” in die veld agter ‘n woonhuis in Neumark by Zwickau neergestryk. Dit het geblyk ‘n model van die Graff Zeplin te wees.

Intussen word bespiegel dat Bremen se VVV dalk ook ‘n lugballon kon wees. Dié stad is eintlik meer bekend vir sy sprokie van die muisvanger wat eers die stad se muisplaag al fluitblasend die stad uitgelei het. Toe die stad egter nie, soos ooreengekom, wou betaal nie, het hy ook die kinders uitgelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.