Vyf beseer in heli-ongeluk

Foto: ER24

Vyf mense is beseer, waarvan twee ernstig, nadat die helikopter waarin hulle gevlieg het in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal neergestort het.

Volgens paramedici van ER24 het die Jetranger-helikopter vroeg Saterdagoggend by Mayors Walk in die Pietermaritzburgse middestad neergestort. Twee mense het ernstige beserings opgedoen terwyl die ander drie lig beseer is. Die beseerdes is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Niemand anders is in die ongeluk beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.