Vyf beseer ná ontploffing in Kaapstadse viskosrestaurant

Vyf mense is beseer ná ʼn ontploffing by ʼn kitskosrestaurant in Kaapstad wat vis-en-skyfies verkoop.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampsbestuureenheid, het aan die Cape Times gesê die voorval het Maandagaand omstreeks 19:00 plaasgevind.

“Brandbestryders het reageer op ʼn oproep van ʼn brand by die kitskosrestaurant in Houtbaai. Die restaurant is omskep uit ʼn skeepsvraghouer,” het Solomons-Johannes gesê.

“Die mense het geworstel om die winkel se deur oop te kry, en toe dit uiteindelik oopgemaak is, het ʼn ontploffing ontstaan. Die eienaar van die winkel, sy vrou en drie brandweerbeamptes is in die ontploffing beseer,” het hy gesê. Nog ʼn man het geringe beserings opgedoen.

Na wat verneem word, het die brand na ʼn gasbottel versprei en ʼn ontploffing veroorsaak toe die deur oopgemaak is.

Die drie beamptes, die man en sy vrou is in die hospitaal opgeneem vir verdere behandeling.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.