Vyf beseer in ontploffing

Die Blue Route-winkelsentrum. Foto: Google Earth

Die Blue Route-winkelsentrum. Foto: Google Earth

Vyf mense is beseer ná ‘n gasontploffing by ‘n restaurant in die Blue Route-winkelsentrum in Kaapstad.

Theo Layne, woordvoerder van die stad se reddingsdienste, sê vier mans en ‘n vrou is beseer en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem na ‘n kannetjie kookolie ontplof het. Die vier mans is reeds uit die hospital ontslaan terwyl die vrou vir verdere observasie gehou word. Layne sê die ontploffing is veroorsaak deur die kannetjie kookolie wat te naby aan die oond in die restaurant gestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.