Vyf brandbestryders in brand beseer

Foto: ER24

Vyf brandbestryders is beseer terwyl hulle ʼn veldbrand langs die R82 in Vereeniging probeer blus het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die brand het ook versprei na ʼn kleinhoewe langs die veld. Hy sê daar was skrootmateriaal, motorparte en gassilinders op die eiendom. Banks sê van die gassilinders het glo ontplof en die brandbestryders beseer. Hy sê hoewel hulle net lig beseer is, is hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.