Vyf brandbestryders vas na Princess Crossing-brand

Vyf brandbestryders is Dinsdag in hegtenis geneem na hulle vermoedelik goedere gesteel het ná hulle Maandag ʼn brand by die Princess Crossing-winkelsentrum in Roodepoort, Johannesburg, geblus het.

Voorraad van ongeveer R30 miljoen is in die Dis-Chem-apteek vernietig nadat die brand Maandagoggend daar uitgebreek het. Die apteek is een van ses winkels by die winkelsentrum wat in ligte laaie gestaan het. Dit is nog nie bekend of die brand by die Dis-Chem of by The Hub op die boonste vlak ontstaan het nie.

Tshisikou Ndou, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het aan EWN gesê die goedere is glo van een van die winkels gebuit  na die brand geblus is.

“Die brandbestryders is deursoek en daar is onder andere parfuum en haarknippers ter waarde van R10 000 in hul besit gekry,” het Ndou gesê. Die betrokke beamptes moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.