Vyf dood op Namibiese plaas

‘n Gesin van drie en ‘n plaaswerker is op ‘n plaas naby Rehoboth oos van Windhoek Sondag doodgeskiet. Die vermeende aanvaller is ook daarna aan beserings dood.

Hoof-inspekteur Barry de Klerk van die speurtak van die Namibiese polisie het aan die Namibiese Persagentskap  gesê ‘n 58-jarige man, wat glo die swaer van die eienaar van die plaas was, het eers die 60-jarige eienaar doodgeskiet, daarna sy eie suster, toe die egpaar se 17-jarige seun en laastens ‘n plaaswerker. De Klerk het gesê die familie was besig om die verjaardag van ‘n ander seun te vier toe ‘n woordewisseling glo oor vleis ontstaan het. ‘n Struweling het ná die skietery tussen die seun, wat verjaar het, en die aanvaller ontstaan waartydens die aanvaller ‘n noodlottige kopbesering opgedoen het. Hy is in die staatshospitaal op Rehoboth dood verklaar.

– RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.