Vyf dood, talle beseer in Heidelberg-ongeluk

Vyf mense is Sondag dood en 10 ernstig beseer nadat die minibustaxi waarin hulle gery het naby Heidelberg omgeslaan het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê drie kinders is onder die beseerdes. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Steinmann sê die ongeluk het op die N3 naby die De Hoek-tolhek plaasgevind. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.