Vyf dood toe helikopter in Krugerwildtuin neerstort

Argieffoto van die SALM se Agusta 109-helikopter

Vyf mense is dood toe ‘n helikopter Saterdagaand in die Krugerwildtuin neergestort het.

“Die helikopter was op ‘n geskeduleerde lugpatrollie van die Krugerwildtuin as deel van Operasie Renoster, die renosterstropery-operasie in die park,” het brig.gen. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SA Nasionale Weermag (SANW) gesê. “Die SA Lugmag (SALM) se Agusta A109 ligte nutshelikopter het omstreeks 19:00 neergestort. Al vyf insittendes, bemanning en passasiers ingesluit, is oorlede.”

“’n Voorlopige ondersoek is gelas om die oorsaak van die noodlottige ondersoek te bepaal,” het Mabanga bygevoeg. Hy sê Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, gen. Solly Shoke, hoof van die weermag, lt.gen. Zimpande Msimang, hoof van die lugmag, het hul medelye uitgespreek met die gesinne, geliefdes en vriende van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.