Vyf doodgeskiet, drie beseer tydens partytjie

geweer4-320x1791Vyf mans is Saterdagaand doodgeskiet en drie mense beseer tydens ʼn partytjie in Sankontshe in KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die mans, tussen die ouderdomme van 20 en 28, is doodgeskiet terwyl hulle ʼn partytjie by ʼn huis bygewoon het. Hy sê van die oorledenes was gesoekte misdadigers. Twee van die oorledenes was uit op borgtog en was veronderstel om volgende maand in die hof te verskyn op aanklag van moord. Die drie beseerdes was nie deel van die groep wat doodgeskiet is nie en is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Die polisie soek intussen na twee verdagtes in verband met die skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.