Vyf mense is dood en een beseer nadat ‘n motoris wat glo onder die invloed van alkohol was Saterdagoggend in ‘n groep drawwers in Midrand, Gauteng, ingeploeg het.
‘n Woordvoerder, Nana Radebe, sê die vier vroue en ʼn man het aan hulle wonde beswyk voor paramedici op die toneel gekom het. Radebe sê nog ʼn man is ernstig beseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. ʼn Woordvoerder van die metropolisie, Edna Mokonyane, sê die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem. Mokonyane sê die man word aangekla van dronkbestuur en die vyf aanklagte van strafbare manslag. Hy sal Maandag in die Midrand landdroshof verskyn.