Vyf ‘gevaarlike’ ontsnaptes nog op vrye voet

Argieffoto

Twee van die sewe gevangenes wat uit die Harrismith-tronk ontsnap het, is weer aangekeer.

“Die gevangenes het Vrydagaand omstreeks 21:00 ontsnap,” het Grace Molatedi, adjunk streekskommissaris van die departement van korrektiewe dienste in die Vrystaat, gesê. “Gelukkig is twee gevangenes weer aangekeer en die polisie is steeds op soek na die ander vyf ontsnaptes. Die twee mans is net ‘n paar uur ná hul ontsnapping, sowat 30km van die tronk, aangekeer.”

Die twee mans wat weer aangekeer is, is Ouma Mosia wat 12 jaar tronkstraf uitdien vir verkragting, en Thabiso Moshoadiba, wat 10 jaar tronkstraf vir huisbraak uitdien.

Die SAUK berig dat die mans ontsnap het deur ‘n bedraam te gebruik om die tralies van ‘n selvenster oop te breek. Hulle het ook komberse aanmekaar geknoop om ‘n leër te maak.

Al sewe gevangenes dien tronkstraf uit vir misdade wat strek van verkragting tot diefstal, maar is verhoorafwagtend vir verdere aanklagte. Hulle het net ná die ontsnapping ‘n voertuig gekaap. Die polisie is oor hul ontsnapping ingelig en het onmiddellik reageer, berig die SAUK.

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om nie die vyf ontsnaptes te nader nie, aangesien hulle as gevaarlik beskou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.