Vyf gevonnis na transitorooftog

prison barsVyf rowers, waaronder ʼn voormalige polisiebeampte, is Woensdag in die Pietermaritzburg-landdroshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op drie aanklagte van moord na ʼn transitorooftog.

Regter Anton van Zyl het die vyf mans effektiewelik tot 30 jaar tronkstraf elk gevonnis in verband met die voorval in Oktober 2009. Die verdagtes het ʼn motor gebruik om teen ʼn transitovoertuig te bots en dit om te keer. Ottoman Msimang, hulle makker, is in die proses dood. George van Tonder, bestuurder van die transitovoertuig, en Sibusiso Phakathi, ʼn veiligheidswag, is ook tydens die voorval dood. Van Zyl het bevind dat lewenslange tronkstraf onvanpas is aangesien die rowers nie die bedoeling gehad het om die slagoffers dood te maak nie. Jerody Mthiyane (37), Philemon Nhleko (41), Ewat Kabr (35), Zikethela Sokhela (36) en ao. Siyabonga Mkanyana (41) is elk tot vyf jaar gevonnis vir die diefstal van die motor wat in die rooftog gebruik is, 10 jaar vir die ontploffing wat gedoen is om die agterkant van die transitovoertuig oop te kry, 15 jaar vir die drie moorde, 10 jaar vir poging tot moord en 20 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Van Zyl het gelas dat van die vonnisse gelyklopend uitgedien word. Van Zyl sê geen van die verdagtes het berou getoon nie.

Die transitovoertuig het R692 000 van Newcastle na ʼn pensioen-uitbetalingspunt in Ladysmith vervoer toe die voorval plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.