Drie jeugdiges en twee mans is Vrydag in die Graaff-Reinetse hooggeregshof gevonnis vir ʼn plaasmoord in Jansenville in Augustus vanjaar.
“Ricardo Lomberg (19) is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en Nantheniel Blouw (22) is lewenslank plus 41 jaar tronkstraf opgelê,” het kapt. Rochelle Carelse gesê. “ʼn 16-jarige, ʼn 14-jarige en ʼn 15-jarige is effektief tot 10 jaar tronkstraf elk gevonnis.”
Die vyf het in Augustus by ‘n huis op die plaas in Jansenville naby Graaff-Reinet ingebreek. Die boer, Owen Charles (70) is 21 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy vrou, Janet (69), is met ʼn bottel bewusteloos geslaan.
Die groep het met ses vuurwapens, ʼn voertuig en huishoudelike ware gevlug. Hulle is twee dae later by ʼn padblokkade in Knysna aangekeer ná ʼn skietgeveg met die polisie.
Hulle moet sit tot die oordeelsdag.
Die res van die vonnis sal hulle daarna uitdien. Skuimsels