Vyf gevonnis vir Jansenville-plaasmoord

Argieffoto

Argieffoto

Drie jeugdiges en twee mans is Vrydag in die Graaff-Reinetse hooggeregshof gevonnis vir ʼn plaasmoord in Jansenville in Augustus vanjaar.

“Ricardo Lomberg (19) is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en Nantheniel Blouw (22) is lewenslank plus 41 jaar tronkstraf opgelê,” het kapt. Rochelle Carelse gesê. “ʼn 16-jarige, ʼn 14-jarige en ʼn 15-jarige is effektief tot 10 jaar tronkstraf elk gevonnis.”

Die vyf het in Augustus by ‘n huis op die plaas in Jansenville naby Graaff-Reinet ingebreek. Die boer, Owen Charles (70) is 21 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy vrou, Janet (69), is met ʼn bottel bewusteloos geslaan.

Die groep het met ses vuurwapens, ʼn voertuig en huishoudelike ware gevlug. Hulle is twee dae later by ʼn padblokkade in Knysna aangekeer ná ʼn skietgeveg met die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.