Vyf in hof oor moord op stasiebevelvoerder

hofhamertjie31Vyf mense, waaronder twee polisiebeamptes, wat aangekla word van die moord op die stasiebevelvoerder van die Elliotdale-polisiekantoor het Dinsdag in die Elliotdale-landdroshof verskyn.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 28 Januarie uitgestel wanneer die verdagtes om borg sal aansoek doen. Twee polisiebeamptes verbonde aan die Elliotdale-polisiestasie, ao. Phumzile Ngqayimbana (41) en konst. Noxolo Matya (37), is onder die verdagtes. Die ander drie verdagtes is Sipho Simon Makahabeni (46), Siyamcela Ntshiyshi (33) en Mbuyiseli Ngqayimbana (37). Die stasiebevelvoerder van die Elliotdale-polisiekantoor, lt.kol. Nomalizo Dukumbane (53), is op 17 Desember voor haar huis doodgeskiet. Dukumbane was langer as 30 jaar in die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.