Die familie van ʼn vrou, wie se moord moontlik opgelos is na die ontdekking van ʼn bekentenisbrief, sê die afgelope 13 jaar was baie pynlik.
EWN berig dat vyf mans, insluitend twee voormalige polisiemanne, in hegtenis geneem is vir die moord. Die inhegtenisnemings volg op ʼn bekentenisbrief wat sowat twee maande gelede in ʼn huis in Kenilworth in Johannesburg gevind is. Die brief is onder ʼn mat gevind nadat die eienaar van die huis nuwe matte laat insit het. Volgens die bekentenisbrief is die vrou ontvoer en geskiet. Sy het egter die aanval oorleef. Die mans het haar glo hierna uit die hospitaal waar sy behandel is ontvoer en vermoor. Die slagoffer is intussen geïdentifiseer as Betty Ketani, ʼn 37-jarige ma van drie. Die vyf verdagtes sal vandag in die hof verskyn.
Lees meer hier.