Vyf in hof vir ontvoerde diabeet se moord

Tony Teixeira

Vyf mense wat beskuldig word van die moord op Tony Teixeira, wat op 14 Maart van sy huis in Naudeville ontvoer is, het in die Welkom-landdroshof verskyn.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 5 April uitgestel wanneer die beskuldigdes om borg sal aansoek doen. Pieter Vorster, Mahlomola Dladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane en Amelia Makoko word van die moord op Teixeira beskuldig. Thakeng sê ʼn sesde verdagte is intussen in verband met Teixeira se moord in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Welkom-landdroshof verskyn. Hy sê die polisie soek steeds na ʼn sewende verdagte wat ook aan die moord verbind word.

Teixeira is op 14 Maart deur vier mans met vuurwapens ontvoer. Sy liggaam is op 20 Maart langs Saaiplaasweg, Virginia, deur ‘n veiligheidswag van ‘n myn opgespoor. Hy is in die kop geskiet en sy arms en bene was vasgebind. Sy liggaam het reeds begin ontbind. Teixeira is vermoedelik ontvoer as losprys vir die korrekte bankkaartpinkodes wat die verdagtes by sy verloofde, Ilona Combrink, wou kry. Sy familie het vir sy lewe gevrees omdat hy ‘n diabeet is en sesuurliks insulien moes ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

mina ·

wa gaan dit ophou daar gaan nie n dag verby dat jy hoor nog iemand is vermoor nie. sluit die moordenaars toe sonder kos en water dit sal nooit stop die strawwe is te lig
hulle het n lekker lewe in die tronk .

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.