Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 5 April uitgestel wanneer die beskuldigdes om borg sal aansoek doen. Pieter Vorster, Mahlomola Dladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane en Amelia Makoko word van die moord op Teixeira beskuldig. Thakeng sê ʼn sesde verdagte is intussen in verband met Teixeira se moord in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Welkom-landdroshof verskyn. Hy sê die polisie soek steeds na ʼn sewende verdagte wat ook aan die moord verbind word.
Teixeira is op 14 Maart deur vier mans met vuurwapens ontvoer. Sy liggaam is op 20 Maart langs Saaiplaasweg, Virginia, deur ‘n veiligheidswag van ‘n myn opgespoor. Hy is in die kop geskiet en sy arms en bene was vasgebind. Sy liggaam het reeds begin ontbind. Teixeira is vermoedelik ontvoer as losprys vir die korrekte bankkaartpinkodes wat die verdagtes by sy verloofde, Ilona Combrink, wou kry. Sy familie het vir sy lewe gevrees omdat hy ‘n diabeet is en sesuurliks insulien moes ontvang.
wa gaan dit ophou daar gaan nie n dag verby dat jy hoor nog iemand is vermoor nie. sluit die moordenaars toe sonder kos en water dit sal nooit stop die strawwe is te lig
hulle het n lekker lewe in die tronk .