Vyf in hospitaal ná hul gas inasem

Vyf mense is in die hospitaal opgeneem nadat hulle Dinsdag ʼn onbekende gas by ʼn fabriek in Rosslyn, in die noorde van Pretoria, ingeasem het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê dit is nog nie bekend wat die voorval veroorsaak het nie en dit sal deur die departement van arbeid ondersoek word.

“Vyf mense was blootgestel aan ʼn onbekende gas en hulle het dit ook ingeasem. Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.