Vyf ‘koperdiewe’ vas

handcuffs3-320x257Vyf mans is Saterdag in Inanda, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat daar koper in hul besit gevind is.

Kapt. Thulani Zwane sê die polisie het ʼn wenk ontvang waarna hulle na ʼn huis in Esikebheni is waar die koper gevind is. “Die koper waarop beslag gelê is, is meer as R1 miljoen werd.” Zwane sê die koper behoort aan die eThekwini-munisipaliteit. “Daar word vermoed dat die koperkabels van elektrisiteitspale in die Inanda-area gesteel is.” Die mans sal Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Stuur bietjie daardie SAPD-lede Pretoria toe ! Gebeur hier byna daagliks, veral in my omgewing.

Jasper ·

En daarbuite loop nog 12,599 van hulle los rond.
Trap die skrootwerwe vas wat die goed aankoop, asook sekere lede van die gereg wat betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.