Vyf mans sterf op Vadersdag in Suidkus-ongeluk

Argieffoto Foto: Netcare 911

Vyf mans is dood en vier ander beseer ná hul voertuie mekaar Sondagoggend reg van voor op die R102 in Mnini naby Umkomaas aan die Natalse Suidkus getref het.

“Die besonderhede van die ongeluk is nog nie beskikbaar nie en die gebeure wat tot die ongeluk gelei het sal deur die polisie ondersoek word,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. Die slagoffers was steeds in die voertuie vasgekeer en paramedici en die brandweer moes hulle uit die wrakke sny. “Terwyl die brandweer die wrakke oopgesny het, het Netcare911-paramedici in die voertuie geklouter om die pasiënte te stabiliseer.”

Vyf mense is op die toneel dood weens die beserings wat hulle opgedoen het. Drie mense is ernstig beseer en een man is in ‘n kritieke toestand. Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die gebied geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.