Vyf mans vas ná hulle fop-Viagra verkoop

Vyf mans is in Kwazulu-Natal in hegtenis geneem ná hulle in besit van fop-Viagra, met ʼn straatwaarde van nagenoeg R800 000, betrap is.

Kolonel Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mans is Dinsdag vasgetrek. Daar is verskeie fop-produkte van Viagra, onder andere Vigora, Femalegra, Cialis, Hard on Power, Zerenga en Kamagra, in hul besit gevind. Na wat verneem word, het die mans met dié produkte handel gedryf.

“Drie mans is in ʼn winkel in Margate in hegtenis geneem. Dit het tot die inhegtenisname van die ander twee mans in Port Shepstone gelei. Die voorraad is gekonfiskeer.”

Volgens Naicker is die mans tussen die ouderdom van 23 en 35 en gaan hulle binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.