Drie mans is in Port Elizabeth in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n 19-jarige vrou.
“Vyf mans het die vrou Saterdag glo in die vroeë oggendure gegryp toe sy saam met haar mansvriend huis toe gestap het,” het ao Dumile Gwavu, woordvoerder van die polisie in Motherwell gesê. “Hulle het haar na Ramaphosa-dorpie toe geneem en drie mans het haar glo verkrag.”
Gwavu het gesê die ander twee mans het haar toe glo na Chris Hani, ‘n nabygeleë informele nedersetting, geneem en haar ook verkrag.
Drie van die mans is in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die landdroshof in New Brighton verskyn. Die ander twee is steeds voortvlugtend.