Vyf mense sterf na taxi en voertuig bots

Vyf mense is Woensdagoggend dood en nege beseer na ʼn taxi en afleweringsvoertuig trompop gebots het.

Volgens Jeffery Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk op die N12 naby Springs aan die Oosrand gebeur. Die afleweringsvoertuig het omgeslaan en verskeie kere gerol. Wicks het gesê die beseerdes is op die toneel behandel en gestabiliseer waarna hulle per ambulans na die Thambo-hospitaal geneem is. Die verkeer is erg ontwrig terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.