Vyf met gesteelde sigarette gevang

Die polisie in die Oos-Kaap het vyf mans in hegtenis geneem nadat sigarette, wat vermoedelik gesteel is, in hul besit gevind is.

Luitenant Nkosikho Mzuku, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die mans se voertuig is Woensdag omstreeks 16:05 gedurende ʼn roetine ondersoek van die pad af getrek.

“Mdantsane-polisiebeamptes het ʼn wit Toyota Avanza met vyf insittendes, onderweg na Oos-Londen, afgetrek,” het Mzuku gesê. “Die polisie het die voertuig deursoek en op die sigarette, ter waarde van sowat R75 000, afgekom. Die sigarette is vermoedelik vroeër van ʼn afleweringsvoertuig gesteel. Die mans is ondervra en kon nie bewys van eienaarskap lewer nie,” het hy gesê.

Die verdagtes, almal tussen 25 en 45 jaar oud, moet binnekort in die Mdantsane-landdroshof verskyn. Hulle staar aanklagte van kaping en besit van gesteelde goedere in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.