Vyf met renosterhoring betrap

Vyf mense is vandag in Polokwane in hegtenis geneem na hulle met ‘n renosterhoring gevang is.

Volgens Brigadier Hangwani Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Limpopo-polisie, was polisie besig op die gebied te patrolleer toe hulle ʼn verdagte bakkie opmerk. Hulle het die bakkie afgetrek en deursoek en op die horing afgekom. Hulle het ook op ʼn geweer, ammunisie en ʼn byl beslag gelê.

Die mans, tussen die ouderdom van 39 en 45, is glo almal van Mosambiek en gaan binnekort in die Mutale landroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.