Vyf miskrame vir ontvoerde vrou

Die Castro-broers. Ariel (middel) is van ontvoering en verkragting aangekla, maar sy broers Pedro (links) en Onil (regs) is nie aangekla nie.

Aanklaers in Amerika gaan na verwagting aansoek doen dat Ariel Castro, wat glo meer as ʼn dekade lank drie vroue as seksslawe aangehou het, die doodstraf toegedien word.

Castro, ʼn 52-jarige busbestuurder van Cleveland, Ohio, het Amanda Berry (27), Gina DeJesus (23) en Michelle Knight (32) glo tussen 2002 en 2004 ontvoer en in ʼn huis aangehou. Berry het Maandag ontsnap en hulp ontbied.

Castro het na bewering vyf miskrame by een van die vroue bewerkstellig deur haar uit te honger en haar in die maag te slaan.

Dié bewering is in ʼn polisieverklaring bekendgemaak. Berry moes glo ook in ʼn plastiek kinderswembadjie aan haar dogter geboorte skenk.

Regter Timothy McGinty het Donderdag gesê sy kantoor sal besluit of Castro verswarende moordklagtes in die gesig staar, na dié inligting bekendgemaak is.

Lees ook:
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Video: Vroue 10 jaar ná ontvoering gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tess Bester ·

Ek hoop steeds dat ons meisies wat ontvoer was deur Gert van Rooyen gevind sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.